Ons was vanjaar besonder geseën met donasies van wol en kan nou in baie behoeftes voorsien. Daar het ook baie ywerige dames wat brei en hekel van buite ons gemeente betrokke geraak. Gebreide komberse, kindertruie, mussies, serpe, slaapkouse en babaklere gaan na die CMR, Solidartiteit Helpende Hand en Katjiepiering Skool by Hermanstad. Sodra hoofde terug is by skole sal verdere aflewerings gedoen word. Aan elkeen wat betrokke is, opregte dank. Moet asseblief nie ophou nie want elke winter is die aanvraag groter. Ons sal dit ook verwelkom as nog meer persone betrokke kan raak. Kontak die kerkkantoor.