Steundiens

ONS BENUT
MEKAAR EN ANDER


Ons is hele span gemeentelede wat betrokke is by Steundienste. Dit is alles wat die bediening ondersteun. Dit behels die instandhouding van die geboue en die terrein, dienslewering voor en tydens die eredienste. Ons daarvoor verantwoordelik om te sorg dat alles aan die kant, skoon en werkende toestand is. Dit is hoe ons die Here hier in ons gemeente dien. As jy iets sien wat aandag nodig het, of as jy graag die Here op hierdie manier wil dien, skakel 012-654-7944 of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

Kerkgebou:

Op die oomblik soek Steundiens na 'n vrywilliger wat bereid is om te help met die instandhouding van die kerkgebou. Kontak die This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.as jy belangstel.

Klank en Elektries:

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. neem verantwoordelikheid vir die klank en elektries. 'n UPS is geïnstalleer vir die wis en die onwis van beurtkrag. 

Kerktuin:

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. neem verantwoordelikheid vir die kerk se tuin. Alpheus en Alfred werk elke Dinsdag net in die tuin om ons 900m2 beddings netjies te hou. Omdat doringbome geneig is om in sterk winde te breek, moet die Nkosie broers gereeld takke of ‘n omgevalle boom vir ons afsaag en wegry. Die jaarlikse oopsnoei van die bome, struike en die snoei en spuit van die roosbome doen ons self. Een maal ‘n week sny Tiptol Tuindienste ons groot grasperke en ry Van den Berg Dromdienste die tuinvullis weg. Stelselmatig poog ons om ‘n lae onderhoud tuin te vestig wat regdeur die jaar ‘n lushof is. Die afgelope tyd het ons veral aandag aan die binnehof geskenk, waar ons poog om dit ‘n bietjies sagter en vroliker te maak. Gemeentelede en gaste moet sommer lus voel om op die bankies te gaan sit en kuier!

Kosters:

Ons het twee kosters. This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. en This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. Hulle verantwoordelik om Sondagoggende en Sondagaande oop te sluit en om alles gereed te hê vir die erediens. Hulle is ook op hulle pos tydens begrafnisdienste en troues of enige geleentheid waarvoor die kerk en die klankstelsel gebruik word.Hulle wissel mekaar soggens en saans af. Die kosters doen opnames van preke van alle dienste. Om preke om MP3 af te laai kliek net hier.

Verhuring van Lokale:

Die saal word teen 'n baie billike prys aan mense en instansies buite die gemeente verhuur. Die saal is gratis vir lidmate, mits hulle nie 'n inkomte genereer met 'n funksie nie. Ons het ook al ons kerkgebou beskikbaar gestel vir begrafnisse van inwoners wat in ons omgewing woon. Die kategese lokale word elke aand van Maandag tot Donderdag gebruik deur ABET vir die basiese skoling van swart vrouens en mans.

Opneem van Kollekte:

Tien persone neem verantwoordelikheid om een keer elke tiende week kollekte in die erediens op te neem. Dit behels die vooraf reël met 'n span uit die gemeente om hiermee te help. Die opneem van die kollekte en daarna die tel en te boekstaaf daarvan.

 

 

Ons deel God met Mekaar & Ander

Ons Aanvaar Mekaar & Ander

Ons Benut Mekaar & Ander

Posbus

Posbus 50317
Wierdapark
0149

Adres

  • Piet Hugostraat 275
  • Eldoraigne
  • Gauteng
  • 0157
  • Suid-Afrika

Kontak

Kerkkantoor ure

10:00-14:00 van Maandae tot Vrydae