Klerebank

ONS DRA
MEKAAR EN ANDER


Al die klere wat die gemeente en mense buite die gemeente vir ons skenk is die afgelope jaar aan die volgende instansies uitgedeel: Sopkombuis, Huis 5 Jakaranda, Huis 6 Louis Botha Kinderhuis, Ouetehuise, Senior gemeenskap op Prieska, behoeftige  mense in Hoedspruit, Nelspruit  en enige persoon wat klere kom vra. Verder is daar ook klere verskaf aan mense wat se huise in plakkers kampe afgebrand het, MES Johannesburg, PEN in Pretoria, Lions Haven en aan gemeentelede wat swaar kry binne en buite ons gemeente. Ons het geen begroting vir hierdie projek nie en is ons suiwer afhanklik van die gemeente se klere bydraes. Hulp word  benodig met die  uitpak & ophang van klere. As genoeg persone help, hoef jy slegs 1 keer elke 6 tot 8 weke hiermee te help. Eenmaal ‘n kwartaal pak ons dan die klere vir instansies en gee dit uit.

 

Soos die olie in die weduwee se kruik is daar maar altyd net weer klere in die klerebank! Kontak This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of 063 690 5354 as jy hiermee wil help of klere wil skenk.

Ons deel God met Mekaar & Ander

Ons Aanvaar Mekaar & Ander

Ons Benut Mekaar & Ander

Posbus

Posbus 50317
Wierdapark
0149

Adres

  • Piet Hugostraat 275
  • Eldoraigne
  • Gauteng
  • 0157
  • Suid-Afrika

Kontak

Kerkkantoor ure

10:00-14:00 van Maandae tot Vrydae