Kiepersol

ONS DRA
MEKAAR EN ANDER


Kiepersol Dienssentrum se missie is om 'n aktiewe bydrae te lewer deur pogings om elke bejaarde persoon so lank as moontlik in die normale gemeenskap te hou en daar te laat funksioneer as 'n volwaardige, nuttige burger. Die sentrum se diens is ook gerig op die voorkoming van liggaamlike verwaarlosing, geestelike- en intellektuele agteruitgang, eensaamheid en gepaardgaande emosionele verarming, doelloosheid en verveeldheid en die verskraling van die bejaarde se leefwêreld.

Kiepersol Dienssentrum lewer die volgende dienste: warm gekookte middagetes (vyf dae per week), 'n gesondheidskliniek (bloeddrukmeting, bloedsuikertoetse, voetsorg, ens), haarsorgdienste vir beide geslagte. Behalwe vir die weeklikse Bybelstudie, klassieke musiekwaardering en kaartspel, is daar ook 'n goedtoegeruste biblioteek waar grootdrukboeke, preke op CD, legkaarte, ens uitgeneem kan word. Daar is ook 'n boekwinkel en 'n gewone winkel waar ware geskenk word en weer verkoop word vir fondse. Woensdae om 10:00 word daar 'n sosiale program aangebied. Hiermee word ook baie moeite gedoen. Buiten die speletjiesgroep is daar ook 'n handwerkgroep.

Vir Fondsinsamelingsgeleentheid hou asseblief Ons Dien dop! Kontakpersoon is Cathy van der Westhuyzen 012-653-0138.

 

Ons deel God met Mekaar & Ander

Ons Aanvaar Mekaar & Ander

Ons Benut Mekaar & Ander

Posbus

Posbus 50317
Wierdapark
0149

Adres

  • Piet Hugostraat 275
  • Eldoraigne
  • Gauteng
  • 0157
  • Suid-Afrika

Kontak

Kerkkantoor ure

10:00-14:00 van Maandae tot Vrydae