Engelprojek

ONS DRA
MEKAAR EN ANDER


Hierdie projek het ongelooflik gegroei en aan soveel  mense vreugde gebring. Ons het in 2008-500 Bybels versprei. Letterlik van noord na suid. ‘n Paar plekke en mense: die manne wat weekliks vuilgoed oplaai in Wierdapark & Eldoraigne, die posmanne wat ons gemeenskap se pos aflewer, De Aar se SAPD Kinder beskemings eenheid & hulle kliniek, Britstown, Bloemfontein, Olievenhoutbos, Hamanskraal, Nelspruit, al die kinders van Huis 5, ‘n paar by Huis 6 en vele meer. Elke persoon het die Bybel gekry in die taal van sy/haar keuse. Bykans al die taxi’s in Wierdapark het ‘n gospel CD gekry (dit is bietjie moeilik om die Bybel te lees en te bestuur) hulle het in 2007 Bybels gekry.

Die kersgeskenke wat met die engele boom ingekom het is as volg uitgedeel: 50 kinders van Centurion Kruis Kinders, 13 - Huis 5,  12 – Huis 6, gesinne binne & buite ons gemeente kospakkies, die karwagte en posmanne bv. reënjasse, Rusoord en seniors in Eldoraigne Park. Ons verdeel van die geskenke op die engeltjies wat julle as gemeente skenk om dit bekostigbaar vir al die gemeentelede te maak en sodra ons dit ontvang, bring ons dit weer bymekaar en deel dit uit. Ons het ook meer as 150 preke op CD’s uitgegee aan enkelpersone buite ons gemeente. Dit sluit in mense in rolstoele, die gemeenskappe wat bo genoem is en wat die boodskappe tussen mekaar laat roteer. Die projek is van onskatbare waarde, want dit is spesifiek daarop gerig om Kersvreugde aan elkeen te bring en God se liefde deur sy Woord en musiek uit te dra aan dié wat nie in Kerstyd ‘n luuksheid kan bekostig nie. Die projek is absoluut afhanklik van die gemeente se skenkings. Kontakpersoon This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. 012-660-0316.

Image

 

Ons deel God met Mekaar & Ander

Ons Aanvaar Mekaar & Ander

Ons Benut Mekaar & Ander

Posbus

Posbus 50317
Wierdapark
0149

Adres

  • Piet Hugostraat 275
  • Eldoraigne
  • Gauteng
  • 0157
  • Suid-Afrika

Kontak

Kerkkantoor ure

10:00-14:00 van Maandae tot Vrydae