Dankie

ONS BENUT
MEKAAR EN ANDER


Dankies van verskillende Instansies

Jakaranda en Louis Botha Kinderhuis se Nasorg Fonds skryf:

Ons sê baie-baie dankie! Vir u betrokkenheid en die donasie van R10 000. Dis ongelooflik! Met ondersteuning van mense soos u weet ons dat daar 'n besondere plan is vir Jakaranda en Louis Botha Kinderhuis se Nasorg Fonds. Dankie dat julle julle harte oopgemaak het vir ons kinders. Hulle weet dit en waardeer dit opreg. Daar word gesê dat dit lekkerder is om te gee as om te ontvang. Wel ons hoop dat dit julle harte warm maak om te weet dat jul bydrae 'n verskil maak in die lewens van 'n paar kinders wat julle ewig dankbaar sal wees.

Ds Pieter de Wet van Vriende van Weskoppies skryf:

Hartlike groete uit Weskoppies Hospitaal! Ons Kermis op 19 Mei was 'n groot sukses, danksy al ons Vriende in die gemeenskap. Julle betrokkenheid deur middel van Magda Kaltwasser en almal wat haar help, bly vir ons 'n riem onder die hart. Die Kermisprojek was so geseënd dat ons vir die volgende twee jaar ons pasiënte na die Pretoria Skou kan neem, sowel as na die Pretoria Dieretuin. Daar is ook fondse oor vir die aankoop van bordspeletjies en TV's vir sommige sale. Baie dankie ook vir julle ruimhartige Winterdonasie wat ons ontvang het. Ons sal onder andere graag tekkies vir behoeftige pasiënte wil aankoop. Ons Pasiënte Koor wat al by julle in die gemeente opgetree het, het juis al weer uitnodigings vir later die jaar. Nog eens ons innige dank aan 'n ieder en 'n elk in Wierdapark wat die Weskoppies bediening ondersteun!

Transvalia Skool skryf:

Die aantal behoeftie Leerders in ons skool word by die dag meer - dis leerders wie se ouers nie skoolgelde, skryfbehoeftes en in sekere gevalle, selfs nie klere kan bekostig nie. U bydrae help ons om dit vir hierdie leerders moontlik te maak om die skool te kan bywoon waar hulle spesifieke onderwysbehoeftes aangespreek word. Baie dankie!

Springvale Primary School skryf:

What a lovely surprise it was to receive Adriana's call last week to say that I could come to the church to collect your very generous donation of clothing. Sincere thanks and appreciation for helping us to extend the facility of care that we try to offer our needy learners and their families. The happy smiles of gratitude were really very special to see. I know that it takes a lot of hard work and effort from the members of "Die Klerebank" to get to the point where lucky recipients like our school can just collect the parcels of clothing. Thank you for what you do for others. Warm regards!

 

 

 

Ons deel God met Mekaar & Ander

Ons Aanvaar Mekaar & Ander

Ons Benut Mekaar & Ander

Posbus

Posbus 50317
Wierdapark
0149

Adres

  • Piet Hugostraat 275
  • Eldoraigne
  • Gauteng
  • 0157
  • Suid-Afrika

Kontak

Kerkkantoor ure

10:00-14:00 van Maandae tot Vrydae