Bybelstudie

ONS DEEL GOD
MET MEKAAR EN ANDER


Agtergrond oor die Bybelstudies

In ons gemeente is Bybelstudie vir ons baie belangrik. Die werk hieronder is ‘n vrug van ons besig-wees oor twee en twintig jaar. Ons werk ‘n Bybelboek hoofstuk vir hoofstuk van voor tot agter deur. Terwyl ons dit doen, probeer ons in die skoene van die skrywer klim. Ons probeer deur sy bril kyk na sy wêreld en die omstandighede waarin hy geleef en geskryf het. Ons neem sy sosiale, psigologiese, politiese, kulturele en aardrykskundige wêreld in ag. Dit is harde werk, maar die moeite werd, want dit ontsluit ‘n rykdom wat andersins verborge bly.

Hierdie benadering help ons om baie van die soms vreemde en oënskynlike uitsprake in die Bybel te verstaan. Tydens die Bybelstudie-geleenthede skroom ons nie om reguit te praat en die vrae te vra wat in ons harte leef nie, word ons ingelyf in die jongste teologiese navorsing, hoor ons die ou en bekende Boodskap op ‘n vars en nuwe manier. Die interaksie en gesprek tydens die geleenthede lei tot wonderlike ontdekkings oor God, verrykende geloofservarings en groei in ons verhouding met die Here. Dit wil ons baie graag met ander gelowiges, met jou deel! Die volgende boeke is reeds na aanleiding van die Bybelstudie-geleenthede beskikbaar. Vir enige navrae of om te bestel.

Genesis 1-11:
'n Venster op ons Vader
(Die verhaal van God en mense)

Genesis 12-28:
Vader van Vele
(Die verhaal van Abraham en Isak)

Genesis 28-50:
Aardjie na sy Vaartjie?
(Die verhaal van Jakob en Josef)

Rut:
God deur mense by mense
('n Liefdesnovelle)

Prediker:
Lewe met 'n Rede hê ...
(Wysheid vra vrae)

Jesaja 1-12:
Net 'n Handjievol
(Vier eeue saam met Jesaja)

Jesaja 13-27:
'n Wêreld in Warboel
(Vier eeue saam met Jesaja)

Jesaja 28-39:
Water in die Woestyn
(Vier eeue saam met Jesaja)

Jona:
'n Groot Storie
(God en 'n onwillige profeet)

Matteus 1-16:
Sout en Lig
(Matteus interpreteer Jesus)

Matteus 17-28:
... bang maar bly ...
(Matteus interpreteer Jesus)

Markus 1-8:
Dofweg of Duidelik?
(Mense onder druk kyk weer na die kruis)

Markus 8-16:
Gestroop!
(Mense onder druk kyk weer na die kruis) 

Handelinge 1-12:
Ons kom van ver af
(God teenwoordig en aan die werk)

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Ons is diep gewortel
(God teenwoordig en aan die werk)

1 Korintiërs:
Vier die Verskil
(Korintiese korrespondensie)

2 Korintiërs:
Nie die einde van die storie nie
(Korintiese korrespondensie)

Timoteus en Titus:
Gekies!
(Briewe aan twee jongmanne)

Jakobus:
Hoe nou gemaak?
(Wysheid vir 'n tyd soos hierdie)

Openbaring:
Goeie Nuus
('n Hemelse evangelie)

Ons deel God met Mekaar & Ander

Ons Aanvaar Mekaar & Ander

Ons Benut Mekaar & Ander

Posbus

Posbus 50317
Wierdapark
0149

Adres

  • Piet Hugostraat 275
  • Eldoraigne
  • Gauteng
  • 0157
  • Suid-Afrika

Kontak

Kerkkantoor ure

10:00-14:00 van Maandae tot Vrydae